Fokofpolisiekar – Dis In My Bloed, Baby Lyrics

Ek verloor!
Dis in my bloed, baby!
Sit dit als op rooi!
Nie verwag om nog te lewe nie!
Ek dink ons vat daai stuk kak kar van ons
En ons fokof!

Die dae bloei in jare in
En ek kners my tande weg
Want die sekelmaan hang vanaand
Soos ‘n vigilante guillotine
Dekoloniseer my asseblief!!

Ons is die gevangenes
(kliek, kliek, kliek, kliek, POW!)
Ons hou onsself gevangene

Ons werk is voltyds
Wie sal die wagte bewaak?
Wie gaan jou bed opmaak

As jy vermoor word in jou slaap?

Selfoon, roofkyk
Hoe die Paarl afbrand
Hoe ons vriende se kinders lyk
Gebrek aan empatie
Sukkel nie on myself jammer te kry nie

Wit trane, wit skuld
Hang soos ‘n neo-liberale guillotine
Dekoloniseer my asseblief!

Ons is die gevangenes
Ons hou onsself gevangene

Ons werk is voltyds
Wie sal die wagte bewaak?
Wie gaan jou bed opmaak
As jy vermoor word in jou slaap?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *